Tuis

Welkom by Hoërskool Secunda

Welkom by die splinternuwe webtuiste van Hoërskool Secunda, die toonaangewende skool in die provinsie.

 

Hou hierdie webblad dop vir die nuutste inligting, prestasies en interessante brokkies nuus.

 

Onthou, jy kan ons “like” op Facebook en volg op Twitter. Ouers, laai ook die “school communicator” af om op hoogte te bly van gebeure by die skool. U kan dit aflaai by www.school-communicator.com

Afrikaans

Reklamebord

Ons Waardes

Respek

 

Definisie

Deur mekaar, ons skool en besoekers te respekteer, ontdek ons vele moontlikhede van saamdoen, saamleer, saamgroei en samehorigheid.

 

Sensitering

  • Ons hou die skoolgrond en lokale netjies en skoon.
  • Ons dra ons skoolklere met trots en is altyd korrek geklee tydens skoolbywoning en skoolbyeenkomste.
  • Ons is betyds vir skool, klas en skoolbyeenkomste.
  • Ons groet mekaar en besoekers.

Verantwoordelikheid

 

Definisie

Ons aanvaar verantwoordelikheid vir ons lewe (skool) omdat ons besef, net ONS kan vir onsself ‘n toekoms skep, niemand anders nie. Ons aanvaar dat die skool ons nodig het en dat elkeen ‘n belangrike bydrae moet lewer.

 

Sensitering

  • Ons doen ons klas– en huiswerk deeglik.
  • Ons handhaaf ‘n positiewe leer– en sportomgewing.
  • Ons identifiseer met die ideale van ons skool.

Selfbeheersing

 

Definisie

Ons poog om ten all tye ons woorde en dade te beheer tot voordeel van onsself, die skool en ons gemeenskap.

 

Sensitering

  • Ons is lojaal en lewer moontlike kritiek na binne en nooit na buite nie.
  • Ons volhard en hou aan probeer.
  • Ons praat altyd die waarheid.
  • Ons dink voor ons doen en praat.
  • Ons weerhou ons daarvan om te baklei.
  • Ons misbruik nie die sosiale media nie.

Dankbaarheid

 

Definisie

Ons besef dat ons moet dankbaar wees vir dit wat ons het, voordat dit te laat is om te besef wat ons gehad het.Ons besef dat ‘n

dankbare hart ons uitkyk op die lewe verander.

 

Sensitering

  • Gee elke dag erkenning vir mense wat jou help – sê dankie.
  • Ons gebruik ons Godgegewe talente op akademiese, kultuur en sportgebied.
  • Ons is dankbaar in alle omstandighede.

Omgee

 

Definisie

Ons bemoedig mense om hul volle potensiaal te bereik.

 

Sensitering

  • Ons help mense in nood.
  • Ons vergewe ander.
  • Ons is sensitief vir ander se omstandighede.
  • Behandel mense soos jy behandel wil word.

Ons Waardeer

collage

Akademie

  • Matriekuitslae 2016
  • Slaagsyfer van 99,50%
  • Aangewys as een van die top presterende skole in Mpumalanga
  • Deel van die Wiskunde Klub 50 elite groep
  • Melandè Stadler aangewys as top leerder in Mpumalanga in Engels, uit meer as 41 000 leerders.
  • Carmen Neethling, Heloïze Hattingh, Christiaan Liebenberg, Melandè Stadler en Alexandra Wuzyk onder die top presterende leerders in Mpumalanga.

Sport

By Hoërskool Secunda promofeer ons massa deelname, ons wil aan elke leerder geleentheid gee om aan die sportsoort van sy/haar keuse deel te neem. Daarom bied ons 15 verskillende sportsoorte aan wat die volgende insluit:

  • Atletiek/Athletics
  • Rugby
  • Hokkie (Dogters)
  • Hockey (Boys)
  • Netball/Netbal
  • Landloop/Cross country
  • Krieket (Seuns)
  • Cricket (Girls)
  • Tennis
  • Muurbal/Squash
  • Gholf
  • Swem/Swimming
  • Jukskei
  • Perdry (Klub)/Horse riding (Club)
  • Bergfiets (Klub)/Mountain bike (Club)
Secunda High School Hoerskool Secunda rugby player
Sprankel en sjarmant1

Kultuur

Sprankel en Sjarmant is een van die spoggeleenthede op die sosiale kalender. Slegs Gr 10 en Gr 11 leerders mag deelneem. Hierdie jaar vind dit plaas op 25 April 2017 met Jak de Priester as gasbeoordelaar en kunstenaar!

Sosiaal

Hoërskool Secunda se jaarlikse valentynsbal het plaasgevind op 11 Februarie 2017.

valentynsbal

Opkomende Gebeure

Dagboek

d6-School-Comm

"Die personeel by Hoërskool Secunda gee regtig om vir ons as mense, hul dra ons belange op die hart"

Minette (Gr 12).

"Jy sal nie ʼn beter skool in hierdie omgewing vir jou kind vind nie"

Pieter (ouer)

"By Hoërskool Secunda kry ek soveel geleenthede om gebalanseerd my lewe te leef"

Philip (Gr 8).

"This school provided me with great opportunities on every level, I am so proud to have attended Hoërskool Secunda"

Daniël (2015).

"The cricket program at Secunda was an amazing part of the last year for me."

EZRA, STUDENT

Borge

Kontak Ons

U Naam (vereiste)

U E-pos Adres (vereiste)

Onderwerp

U Boodskap


Hoek van OR Tambo & Coen Brits
Secunda
Mpumalanga
2302

E-pos: bemarking@hs-sec.co.za
Tel: 017 634 7705
Faks: 017 631 2591